

Bedieninge
Hier by Pneuma gemeente het ons verskeie bedieninge waar jy in kan konnekteer. Ons glo dat elke persoonnatuurlike en geestelike gawes van God ontvang het, en daarom is daar verskeie platforms waarbinne dit ontwikkelen uitgeleef kan word.

Konneksie en Belange-Groepe

By Pneuma weet ons dat die kern van kerk in kringe en nie in rye gebeur nie, daarom is daar verskeie groepe waar vennote kan konnekteer.
Verskeie uiteenlopende groepe ontmoet op verskillende tye regdeur die week.
Manne, Dames , Tieners, sowel as verskeie selgroepe kom weekliks bymekaar. Ons bejaarde bediening, genaamd “Immergroen” ( vir persone 60+), kom eenmaal per maand bymekaar, waar daar omtrent lekker gekuier word!)

Appelboks-Projek

Die appelboks-projek is 'n plaaslike projek met die doel om praktiese hulp in ons gemeenskap te bied. Hierdie is ‘n aaneenlopende projek deur die gemeente en lede van die gemeenskap waarin hulp verleen word aan persone wat behoeftig is.

Hartklop Tienerbediening

Hartklop Tienerbediening is ‘n aktiewe, lewenslustige tienerbediening wat op Donderdae aande bymekaarkom van 18:00 – 21:00.
Kontak Ruben Kriel op 076 810 7502 vir enige verdere inligting.

Kinderkerk

Kinders tussen die ouderdom van 5 en 13 jaar word Sondae tydens die diens deur ‘n opgeleide span vrywilligers op ‘n praktiese en relevante wyse bedien.

Gebed

Ons glo in die krag van gebed ook die noodsaaklikheid daarvan om as gemeente saam te bid. Maandae aande bid ons as gemeente saam (18:00-19:00), en ons steun ook swaar op die intersessie van gebedsvennote.